|

AfriForum se Standerton-buurtwag en -tak beveilig gemeenskap

AfriForum se Standerton-buurtwag het op 20 Februarie 2020 gehelp om twee verdagtes aan te keer. Dít volg nadat die buurtwag twee verdagte voertuie by ’n winkelsentrum opgemerk het en die registrasienommers aangemeld het.

Die buurtwag is via hul WhatsApp-groepe ingelig dat die Markhams in Standerton beroof word en het dadelik op die boodskap gereageer. ’n Beskrywing van die voertuie wat by dié roof betrokke was, het ooreengestem met die verdagte voertuie wat vroeër aangemeld is. Uiteindelik is een van die voertuie in Springs aangekeer en twee verdagtes in hegtenis geneem.

“Ons wil graag die lede van die Standerton-buurtwag, Kasselman Sekuriteitsdienste en die SAPD vir hul hulp bedank,” sê Gerhard Moll, voorsitter van AfriForum se Standerton-buurtwag.

AfriForum se Standerton-tak het op Saterdag 22 Februarie 2020 die groen strook langs die ouetehuis skoongemaak en die gras gesny.

“Dit is vir ons lekker om ons bejaardes te help en ons wil seker maak dat die groen strook skoon bly. Dit sal ook bydra tot die veiligheid van die ouetehuisbewoners – iets wat ons baie na aan die hart lê,” sê Pieter Botha, voorsitter van AfriForum se Standerton-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Standerton-buurtwag of -tak betrokke: SMS jou naam na 45350 (R1) en word deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings