|

AfriForum se Springs-tak staan gemeenskap by

AfriForum se Springs-buurt- en -plaaswag in die Endicott-gebied het die gemeenskap in Julie tydens verskeie voorvalle bygestaan. Die voorvalle sluit onder meer klopjagte in samewerking met die SAPD in, asook die uitvoering van 14 arrestasies.

Die buurt- en plaaswag het onder meer by die volgende aangeleenthede hulp verleen:

  • Bied bystand met waterkar tydens die beheer van 34 veldbrande in die Endicott-gemeenskap.
  • Verleen mediese bystand tydens twee tref-en-trap-voorvalle en gebruik die TrackBox-toep om nooddienste te ontbied.
  • Verleen bystand in die soektog na gewapende rowers.
  • Betrap ’n vermeende dief wat ’n plaashek steel en besorg dit terug aan die eienaar.
  • Arresteer in samewerking met verskeie instansies twee verdagtes in verband met ’n kaartslenter.
  • Samel 67 komberse in vir die plaaslike gemeenskap.
  • Bring meer as 60 nuwe huisnommers aan by wonings in die Endicott-gemeenskap.
  • Verleen lugsteun aan die SAPD met die verkenning van gebiede in Springs vir verdere operasies.
  • Voer in samewerking met die SAPD ‘n klopjag uit waartydens 12 onwettige myners in hegtenis geneem is.

“Dit is voorwaar uitstekende voorbeelde van gemeenskapslede wat self daad by die woord voeg en proaktief misdaad bekamp en die gemeenskap bystaan. Ons sal in samewerking met die SAPD voortgaan om ons gemeenskap te beveilig. Gemeenskapsbetrokkenheid speel ’n groot rol in Springs en ons moedig die publiek aan om by bestaande strukture betrokke te raak om sodoende ’n daadwerklike verskil te maak,” sê Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak.

Raak vandag nog betrokke en sluit by AfriForum se Springs-buurtwag aan: SMS “Veiligheid” na 45342 (R1) of stuur ’n e-pos na springs.afriforum@gmail.com.

Soortgelyke plasings