|

AfriForum se Springs-buurtwag help om onwettige myners vas te trek

Die AfriForum-buurtwag in Springs het in samewerking met dié organisasie se lugsteunvleuel en die SAPD op 31 Oktober 2019 ’n spesiale operasie gehou waartydens onwettige myners vasgetrek is. 23 arrestasies is uitgevoer en beslag is ook gelê op twee waterpompe, grawe, pikke, sae en hamers wat tydens onwettige mynbedrywighede gebruik is.

AfriForum se lugsteunvleuel het tydens die operasie bystand gebied met ’n hommeltuig. Volgens Cornel Swart, voorsitter van AfriForum se Springs-tak, het die hommeltuig goed gewerk. “Toe die hommeltuig opgaan, het die verdagtes gaan plat sit en probeer wegkruip. Dit het ons die kans gegee om hulle te omsingel en te verhoed dat hulle vlug.”

Alle betrokkenes sal voortgaan met proaktiewe optredes om misdadigers die gebied te ontsê.

“Ek wil graag die volgende persone bedank wat ’n sleutelrol gespeel het met dié sukses: Lt.kol. Ramlal en sy span, Barries Barnard van Wolf Protection se K9-eenheid, asook Piet de Wit wat die hommeltuig behartig het,” sê Morné Greyling, voorsitter van AfriForum se Springs-buurtwag.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou naam na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings