AfriForum se Springbok-tak skenk water aan ACVV-tehuis vir bejaardes in Calvinia


AfriForum se Springbok-tak het 35 palette wat elk vier kanne water bevat aan die ACVV se tehuis vir bejaardes in Calvinia geskenk.

“Dit het onder ons aandag gekom dat die Sorgvliet Tehuis vir Bejaardes se watertenks uitgeput is en dat die inwoners hul eie drinkwater moet koop. Sommige inwoners kan dit egter nie meer bekostig nie. Die Kareedam by Calvinia is nog steeds leeg en die dorp word daarom van boorgatwater voorsien,” sê Sarel Stone, voorsitter van AfriForum se Springbok-tak.

Omdat die tehuis ’n organisasie sonder winsoogmerk is, maak hulle baie staat op die gemeenskap se hulp en daarom het AfriForum se Springbok-tak hierdie water geskenk. Die tak doen ook ’n beroep op die gemeenskap om die tehuis te help.
Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Springbok” na 32532 (R1).
 

Soortgelyke plasings