AfriForum se Springbok-tak rig skrywe aan Coghsta oor tegniese bestuurder


AfriForum se Springbok-tak het in Januarie 2019 ’n aansoek ingevolge die wet op bevordering van toegang tot inligting, 2000 (wetno. 2 van 2000) (PAIA) ingedien om te bepaal of die tegniese bestuurder van die munisipaliteit oor die nodige kwalifikasies beskik.

Die tak het terugvoer van die munisipaliteit ontvang wat bevestig dat die tegniese bestuurder nie oor die nodige kwalifikasies beskik nie. Die tak het nou ’n skrywe aan die departement vir samewerkende regering, menslike nedersettings en tradisionele sake (Coghsta) gerig om in te gryp.

“Ons wil dié proses volg om te verseker dat die bestuur wel oor die nodige kwalifikasies beskik. Ons moet seker maak dat ons gemeenskap se belange op die hart gedra word,” sê Sarel Stone, voorsitter van AfriForum se Springbok-tak.

Die tak versoek dat Coghsta die saak ondersoek en terugvoer gee of die nodige stappe doen om die tegniese bestuurder te verwyder.
Gee AfriForum se Springbok-tak die mandaat om die munisipaliteit aan te pak: SMS “Springbok” na 32532 (R1).

Soortgelyke plasings