AfriForum se Springbok-tak beteken aanmaning op munisipaliteit


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Springbok-tak het op 17 Februarie 2017 ’n aanmaning op Samantha Titus, bestuurder van die Nama Khoi Plaaslike Munisipaliteit, beteken.
Dit volg nadat die voorgeskrewe prosedures kragtens die Munisipale Sisteme Wet, 32 van 2000, nie gevolg is nie. Die munisipaliteit het versuim om 14 dae kennis te gee van ʼn vergadering ten einde die publiek geleentheid te gee om aan die opstelproses van die munisipaliteit se Geïntegreerde Ontwikkelingsplan (GOP) deel te neem.
Die aanmaningsbrief vereis dat die munisipaliteit ʼn nuwe vergadering belê en voldoende kennis daarvan aan die publiek gee.

“AfriForum wil gemeenskapslede aanmoedig om by die opstelproses van die munisipaliteit se GOP betrokke te raak,” voeg Sarel Stone, voorsitter van AfriForum se Springbok-tak, by.

Raak betrokke by jou plaaslike AfriForum-tak deur jou naam na 32532 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings