Spyskaart +

AfriForum se SLIM-veldtog 2017

iconset
Oktober 18, 2016 deur afriministrator

Die verhoogproduksie Slimkoppe besoek in 2017 die Noordwes Provinsie! Dit is vrek snaaks en geskik vir Afrikaanse graad 8- tot 12-leerlinge.

Wat kry jy as jy ʼn slimkop, domkop en klipkop bymekaarsit: ʼn oopkop!

Slimkoppe is deur die akteur en dramaturg Chris Vorster geskryf en spog met gesoute akteurs soos Karen Wessels, Pierre Breytenbach, Francois Viljoen en Botha Enslin in die rolverdeling. Die produksie is 45 minute lank en hoewel dit jou gaan laat skaterlag, gaan dit jou ook oopkop laat dink oor moedertaalonderrig, die waarde van jou taal en die sukses wat jy daarin kan behaal indien jy steeds in jou moedertaal leer en studeer. Dit is nie ʼn prekerige, politiek belaaide of vervelige opvoering nie. Dis professioneel, uniek en op die man af! ʼn Verhoogstuk wat jou skool graag sal wil sien.

Slimkoppe besoek die volgende dorpe en sal gratis by jou skool kom optree:

Datum Dorp
24 Julie Hartebeespoort, Brits
25 Julie Rustenburg
26 Julie Lichtenburg
27 Julie Wolmaransstad
28 Julie Klerksdorp
29 Julie Potchefstroom
31 Julie Potchefstroom
1 Augustus Fochville
2 Augustus Carletonville

 

Bespreek jou skool se plek by carien@afriforum.co.za om teleurstelling te voorkom.

Terugvoer in 2016 oor die produksie:

Me.Jana Terblanche, Adjunkhoof: Hoërskool Dirk Postma:

Ons wil Afriforum bedank vir die wonderlike inisiatief wat julle geneem het met die aanbied van die “koppe” toneelstuk om Afrikaans te bevorder.  Dit het ons almal se verwagtinge oortref – ons het dit verskriklik geniet!  Al die akteurs het met soveel oorgawe gespeel en die klank en beligting is uiters professioneel daarmee saam.

Baie baie dankie weer eens. Ons vertrou dat jul werklik die leerlinge se koppe sal swaai om positief oor Afrikaans se toekoms te dink!

 Vriendelike groete

 Me. Lillia Fourie, Afrikaanse departementshoof:  Hoërskool Eldoraigne

Liewe Carien

Baie dankie vir gister se puik produksie. Ek het net goeie terugvoer van personeel en leerlinge gekry. Ons waardeer werklik julle ondersteuning in die behoud van ons pragtige taal. Van die personeel het selfs gewonder of ons dit nie weer op ʼn later stadium vir die juniors kan opvoer nie.

Mnr.  Koos van Vuuren, Adjunkhoof:  Hoërskool Florida:

Goeie more Carien

Baie dankie die verhoogproduksie was puik! Die kinders en personeel het dit ongelooflik geniet. Die humor was goed en die BOODSKAP baie baie effektief.

Weereens baie geluk  en dankie vir julle harde werk.

Laat weet as daar ooit weer ʼn geleentheid is waar ons kan betrokke raak.