| | |

AfriForum se Senekal-tak skenk kospakkies aan gesinne in nood

Die AfriForum-tak in Senekal het op 22 Mei 2020 kospakkies aan 18 behoeftige gesinne in dié dorp voorsien. Die tak het met die Woel, werk en wen-organisasie en die Senekal-dienssentrum saamgewerk om die kospakkies te versprei.

Die voedselnood neem geweldig toe en dié kospakkies sal verligting bring vir behoeftige gesinne in die dorp, asook aan inwoners wat weens die inperking hul werk verloor het en nou geen inkomste het nie.

“Die COVID-19-krisis het baie gesinne finansieel onkant betrap. Daarom het die tak besluit om die kospakkies aan te koop sodat hierdie mense ook die nodige hulp en ondersteuning kan ontvang. Ons sal aanhou om projekte soos dié aan te pak om ons gemeenskappe in hierdie uitdagende tye by te staan,” sê Jp Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoogland.

Die tak wil graag elke lid bedank vir hul bydraes en ondersteuning – dít maak projekte soos hierdie moontlik.

’n Gemeenskap wat saamstaan, is ’n sterk gemeenskap. Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings