AfriForum se Senekal-tak beveilig paaie


AfriForum se Senekal-tak en gemeenskapslede het die afgelope maand byeengekom om vervalle padtekens op dié dorp te verf. Die tak het besluit om self in te gryp nadat die meerderheid van padtekens heeltemal onsigbaar geword en veroorsaak het dat motoriste die verkeersreëls verontagsaam.

Die plaaslike munisipaliteit het die projek goedgekeur en tot op hede is 24 padtekens reeds opgeknap, danksy 12 vrywillige inwoners wat namens AfriForum gehelp verf het.

“Ons optrede het die Setsoto Plaaslike Munisipaliteit genoop om betrokke te raak en hulle het die hele sakekern se padtekens geverf. Die projek sal in 2019, sodra die volgende bestelling verf ontvang word, voortgaan,” sê Mike Odendaal, voorsitter van AfriForum se Senekal-tak. “Vrywilligers wat by die projek betrokke wil raak, is welkom om my direk te kontak,” sluit Odendaal af.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Senekal” na 45266 (R1).

Soortgelyke plasings