|

AfriForum se Secunda-buurtwag help om verkeersbeampte vas te trek

Die AfriForum-buurtwag in Secunda het op 8 September 2019 gehelp om ’n dronkbestuurder vas te trek nadat ’n oproep op Zello 911 24/7 Assist ontvang is waarin hulp gevra is om ’n voertuig wat ’n gevaar vir ander padgebruikers inhou, af te trek.

Die buurtwag en lede van Zello 911 24/7 Assist het op die oproep gereageer en die bestuurder in sy voertuig aangetref. Die SAPD was ook op die toneel en het ’n dokter van die nasionale verkeerspolisie ontbied om die nodige bewyse te bekom. Die bestuurder is na bewering ’n verkeersbeampte van die Govan Mbeki Plaaslike Munisipaliteit.

“Dit is verblydend om te sien hoe verskillende organisasies saamwerk om Secunda ’n beter dorp te maak, veral waar wetstoepassers nie die wet toepas nie,” sê Bronwen Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Hoëveld.

“Optrede soos dié, waar ons lede regs-en-risiko-opleiding toepas wat aan AfriForum-takke gebied word, maak my trots. Dit is weer ’n bewys dat ons lede binne die raamwerk van die wet optree en dat hulle sake goed hanteer,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die noordstreek.

Soortgelyke plasings