AfriForum se Schweizer-Reneke-tak maak water drinkbaar


Die AfriForum-tak in Schweizer-Reneke het vandag watersuiweringspakkies aan die publiek beskikbaar gestel om dié dorp se drinkwater te suiwer. Dít volg nadat die burgerregtewaghond die dorp se drinkwater onlangs getoets en bevind het dat dit nie vir menslike gebruik geskik is nie.
Die Rubicon Micro-produk is vir AfriForum ontwikkel en een pakkie hiervan kan 25 liter water suiwer.

“Die Mamusa Plaaslike Munisipaliteit is nie by magte om die watersuiweringsaanleg te bestuur nie en gevolglik is die water vuil en vol alge, wat ook veroorsaak dat die water stink. Sedibeng Water het egter vandeesweek die waterwerke in Schweizer-Reneke oorgeneem, waaroor AfriForum positief is,” sê Alta Pretorius, AfriForum se streekskoördineerder vir Stellaland.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Water” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings