|

AfriForum se Schweizer-Reneke-tak brei buurtwag na Amalia uit

Die AfriForum-takstruktuur in Schweizer-Reneke het op 27 Julie 2020 ’n buurtwaggroep vir die Amalia-gemeenskap geaktiveer nadat dié gemeenskap, wat onder Schweizer-Reneke val, die tak genader het om deel van hul aktiewe veiligheidsnetwerk te word.

Esmé Venter, ondervoorsitter van AfriForum se Schweizer-Reneke-tak, het die nuwe groep geaktiveer om sodoende te verseker dat die Amalia-gemeenskap ook beveilig word en aktief aan patrollies kan deelneem.

“Dit is goed om te sien dat gemeenskappe hul veiligheid begin prioritiseer en dat hulle by AfriForum se gedugte veiligheidsnetwerke wil inskakel. Die Amalia-gemeenskap kan nou rustig slaap met die wete dat daar daagliks patrollies gery gaan word om die veiligheid van die gemeenskap te verseker,” sê Gehard Nieuwoudt, AfriForum se distrikskoördineerder vir Stellaland.

AfriForum se Schweizer-Reneke-buurtwag nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak. Die buurtwag kan by 072 312 3248 geskakel word.

Soortgelyke plasings