AfriForum se Sasolburg-tak loods petisie teen swak dienslewering


AfriForum se Sasolburg-tak loods vandag ’n petisie teen die swak gehalte van dienslewering van die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit. Dít volg nadat inwoners van Sasolburg al vir ’n geruime tyd kla oor onder meer slaggate wat nie gevul word nie, straatligte wat nie werk en die vullisterrein wat in ’n haglike toestand is.
Die Sasolburg-tak het reeds op 8 Februarie 2018 ’n skrywe aan die munisipaliteit gestuur rakende hierdie kwessies, maar het tot op hede geen reaksie ontvang nie.

“Slaggate wat nie gevul word nie en straatligte wat nie werk nie skep ’n groot veiligheidsrisiko vir alle inwoners. Daarom is dit betreurenswaardig dat die munisipaliteit nie reageer wanneer daar versoek word dat hulle optree nie,” sê Stephen Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Sentraal-streek.

Die tak het gevolglik ’n petisie geloods om inwoners se ontevredenheid met hierdie kwessies te beklemtoon. Dié petisie sal by die munisipaliteit ingehandig word.
Die publiek kan AfriForum help om druk op die Metsimaholo Plaaslike Munisipaliteit te plaas deur die petisie te onderteken by https://tinyurl.com/y8sp23c9.

Soortgelyke plasings