| | |

AfriForum se Rustenburg-tak voorsien weer voedsel aan behoeftiges

AfriForum se Rustenburg-tak het die afgelope maand weer in samewerking met Solidariteit Helpende Hand sowat 3 ton voedsel aan 200 behoeftige gesinne uitgedeel. Die voedselpakke, wat ’n gesin van vier vir ’n maand van voedsel voorsien, bevat noodsaaklike vodsel soos mieliemeel, boeliebief, rys en pasta, maar ook seep en tandepasta.

“Ons wil die Rustenburg-gemeenskap bedank vir hul bydraes tot die tak se noodhulpfonds. Dié fondse stel ons in staat om voedsel te verskaf aan mense wat hul werk weens die COVID-19-pandemie verloor het of verminderde salarisse ontvang. Die groot hoeveelheid voedsel wat reeds geskenk is, is bewys dat dié fondse doeltreffend aangewend word om nood in die gemeenskap te verlig,” sê Chris Trytsman, voorsitter van AfriForum se Rustenburg-tak.

“Die Rustenburg-tak wil graag voortgaan om die gemeenskap van voedsel te voorsien omdat ons besef dat die ekonomiese krisis wat deur COVID-19 veroorsaak is, gaan voortduur. Ons moedig sowel ons lede as die algemene publiek aan om skenkings aan ons tak se noodfonds te maak of om voedsel en noodsaaklike produkte te skenk,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Dra by tot AfriForum se Rustenburg-tak se noodfonds: SMS “Nood” na 32782 (R1).

Soortgelyke plasings