Header Artwork
AfriForum se Rustenburg-tak loods petisie ná Eskom dreig om krag te sny

Die AfriForum-tak in Rustenburg het ’n petisie opgestel nadat Eskom gedreig het om dié dorp en die omliggende gebiede se elektrisiteit van 30 Julie 2020 te sny weens die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit se skuld. Die munisipaliteit skuld ongeveer R144 miljoen aan Eskom en die organisasie hoop die petisie sal help om te verhoed dat die elektrisiteitstoevoer gesny word.

Die organisasie het reeds skrywes aan sowel Mpho Khunou, burgemeester van die munisipaliteit, as Eskom gerig, waarin daar versoek word dat die elektrisiteit nie opgeskort moet word nie.

“Die Rustenburg Plaaslike Munisipaliteit bewys voortdurend dat hulle onbekwaam is om finansiële bronne, sowel as infrastruktuur te bestuur. In hierdie geval betaal die inwoners van Rustenburg pligsgetrou hul elektrisiteitsrekening aan die munisipaliteit, maar die munisipaliteit versuim om hul rekening by Eskom te betaal. Die onbevoegde en onkundige munisipale bestuur het veroorsaak dat die munisipaliteit ’n reusebedrag aan Eskom skuld,” sê Petrus Coetzee, AfriForum se distrikskoördineerder vir Marico.

Volgens die bestuur van die Rustenburg-tak is dit veral kommerwekkend dat die gemeenskap tydens die COVID-19-pandemie ook nog bekommerd moet wees oor basiese dienste soos water- en elektrisiteitsvoorsiening.

AfriForum sal alles moontlik doen om te verseker dat die dorp se ligte aanbly. Jy kan help deur die petisie te onderteken.

Teken in op ons nuusbrief

Sluit aan by ons poslys om die nuutste nuus en opdaterings van ons span te ontvang.

Jy het suksesvol ingeteken!

Subscribe To Our Newsletter

Join our mailing list to receive the latest news and updates from our team.

You have Successfully Subscribed!

Pin It on Pinterest

SLUIT AAN
AFRIFORUM AMBASSADEUR