|

AfriForum se Rustenburg-tak begin met skoonmaakprojek

AfriForum se Rustenburg-tak het op 7 November 2019 ’n skoonmaakprojek afgeskop nadat verskeie gemeenskapslede gekla het oor rommel wat rondlê en gras wat nie gesny word nie. Dié aksie het in Safari Tuine in die Helen Joseph-omgewing plaasgevind en die tak beoog om dié skoonmaakaksie as ’n volhoubare projek aan te pak.

“Kyk uit vir ons langs die pad; stop en sê hallo. Die projek kan ook slegs suksesvol en volhoubaar wees as ons skenkers kry om ons te help. Ons begin met twee dae per week en sal uitbrei soos ons meer bydraes kry. Wie weet, dalk het ons oor ses maande vier spanne in die veld!” sê Chris Trytsman, voorsitter van AfriForum se Rustenburg- tak.

“Ons wil die gemeenskap graag vra om die Rustenburg-tak te help om ’n volhoubare projek hiervan te maak. Dit maak ’n mens tog trots as jy deur jou dorp ry of loop en alles is skoon en netjies. Ons sal voortgaan om probleemareas skoon te maak,” sê Sampie Steinberg, assistentkoördineerder vir Marico.

Skakel Trytsman by 082 469 2221 vir meer inligting oor dié projek.

Soortgelyke plasings