AfriForum se Roodepoort-takbestuur word herverkies


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Roodepoort-tak het op 26 Junie 2018 ’n reorganiseringsvergadering gehou en ’n nuwe takbestuur verkies. Lede wat reeds sterk in die gemeenskap betrokke is, was die fokus.
Die nuwe takbestuur bestaan uit Fanie Naudé (voorsitter), Denise Pretorius (ondervoorsitter), Marlene Hanekom (sekretaris), Francois Naudé (tesourier), Shelton Wagenaar (omgewingsake), Pieter Hanekom (gemeenskapsveiligheid) en Michael Edwards (jeug). Die plaaslikeregeringsakeportefeulje is ongelukkig nog nie gevul nie.

“AfriForum se Roodepoort-tak sal daarop toegespits wees om hul veiligheidsbasis aanhoudend uit te brei en so ook die gemeenskap te beveilig en betrokke te kry,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se streekskoördineerder vir die Wes-Rand en die Vaaldriehoek.

AfriForum versoek dat inwoners van die Roodepoort-gebied dié AfriForum-tak ondersteun. SMS “Roodepoort” na 45342 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings