AfriForum se Roodepoort-buurtwaglede verleen bystand by ongelukstoneel


AfriForum se Roodepoort-buurtwag het op Donderdag 16 Mei 2019 bystand verleen ná ’n motorongeluk om 19:16 in Ontdekkersweg naby Beaconstraat plaasgevind het.

Twee van AfriForum se Roodepoort-buurtwaglede was eerste op die toneel. Hulle het die beseerdes gestabiliseer totdat nooddienste opgedaag het. Daarna het die lede bystand op die toneel gebied deur die verkeer te reguleer.
Die toneel was om 21:13 opgeklaar met ER24, City of Johannesburg Emergency Medical Services (COJEMS), Roodepoort-brandweer, Emergency Control SA (ECSA) en Johannesburg Metropolisie (JMPD) wat op die toneel was.

“Ons streef daarna om AfriForum-buurtwaglede toe te rus met die nodige opleiding en toerusting om te verseker dat die nodige hulp tydens sulke situasies gebied word. Die onlangse noodhulpkursus wat lede van dié buurtwag voltooi het, stel hulle in staat om bekwame bystand te bied,” sê Dewet Ungerer, assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

Raak vandag nog by AfriForum se veiligheidstrukture betrokke: SMS “Veiligheid” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings