AfriForum se Roodepoort-buurtwaglede ontvang noodhulpopleiding


AfriForum se Roodepoort-buurtwag het op Saterdag 11 Mei 2019 hul noodhulpsertifikate (vlak 1 tot 3) ontvang.

Tien lede van AfriForum se Roodepoort-buurtwag en Roodepoort Charlie-buurtwag het die afgelope ses naweke noodhulpopleiding tot en met noodhulpvlak 3 ontvang. Hierdie lede gaan ook vir tyd en wyl saam met nooddienspersoneel in die omgewing beweeg om praktiese ervaring op te doen.

“Hierdie noodhulpopleiding is van uiterse belangrik vir vrywillige lede wat hul lewens elke dag op die spel plaas om hul gemeenskappe te beveilig,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

Ungerer voeg by dat die opleiding wat die buurtwaglede ontvang het hulle bemagtig om ingeligte besluite te neem wat ’n slagoffer se lewe kan red. AfriForum se Roodepoort-tak kry daagliks met padongelukke te doen en is die meeste van die tyd eerste op dié tonele. Met hierdie noodhulpopleiding sal die buurtwaglede slagoffers kan stabiliseer tot die nodige nooddienste by die toneel opdaag.
Johan Coffee, ’n AfriForum-lid van QRS en Ingozi Medicals, het die noodhulp plaaslik aangebied.
SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings