AfriForum se Roodepoort-buurtwag vind vermiste kleuter


AfriForum se Roodepoort-buurtwag het op 12 November 2018, in samewerking met Sektor 2 se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF), ’n verslag oor ’n vermiste vyfjarige kleuter ontvang.

Sewe lede van AfriForum en ’n groot aantal Sektor 2 GPF-lede het aan die soektog deelgeneem. Die seuntjie is ongeveer ’n uur later by ’n Engen-vulstasie ’n taamlike afstand van waar hy vermis geraak het, gevind.

“Ons is dankbaar dat ons die mannekrag beskikbaar gehad het en kon help om die kind veilig op te spoor,” sê Fanie Naude, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak.

SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings