|

AfriForum se Roodepoort-buurtwag trek drie verdagtes vas

AfriForum se Roodepoort-buurtwag het op 2 September 2019 drie verdagtes vasgetrek.

Een verdagte is in die vroeë oggendure tydens ’n patrollie aangekeer. ’n Patrollielid het die verdagte – wat besig was om by ’n huis in te breek – op heterdaad betrap en gearresteer. Die verdagte het reeds ’n ander saak van gewapende roof teen hom.

Nog twee verdagtes is later die dag gearresteer en aan die SAPD oorhandig vir verdere ondervraging. Dié verdagtes is aangekeer toe die buurtwag by ’n suspisieuse voertuig gaan ondersoek instel het. Een van die verdagtes word reeds gesoek vir ’n saak van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Dwelms (tik en CAT) is ook by die verdagtes gevind.

“Hierdie suksesse gebeur nie oornag nie – baie manure is nodig om patrollies doeltreffend te implementeer en uit te voer. Wanneer AfriForum se Roodepoort-buurtwag wel die vrugte pluk, soos in hierdie geval, bevestig dit dat hulle ’n wenresep het om hul gemeenskap te beveilig,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Wes-Rand.

SMS “Roodepoort” na 45341 om by jou plaaslike buurtwag aan te sluit (R1)

Soortgelyke plasings