AfriForum se Roodepoort-buurtwag hou massapatrollie


Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het in Septembermaand ’n massapatrollie ten opsigte van misdaadvoorkoming geloods. Die patrollie het by die Fairlands-polisiestasie afgeskop.

In totaal het 48 eenhede aan die patrollie deelgeneem, waaronder privaat sekuriteitsmaatskappye soos Apcan, BCI, Beagle Watch, Tau en National, asook die SAPD en GPF-eenhede van Fairlands, Honeydew en Sophiatown.
Die patrollie het op 22 September om 19:00 in Fairlands begin en tot 2:30 die volgende oggend geduur, waarna die afsonderlike eenhede na hul onderskeie gebiede terugbeweeg het.

“Teen Sondagaand om 19:00 het die buurtwag ’n versoek van Netcare911-nooddienste ontvang om bystand met die sluiting van die kruising by 9de Laan en Rosestraat te verleen nadat verskeie voertuie in ’n botsing betrokke was. Ses van ons eenhede was op die toneel teenwoordig en het teen 21:30 die Johannesburgse metropolisie gehelp om die paaie weer te heropen,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Vaaldriehoek en die Wes-Rand.

SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings