AfriForum se Roodepoort-buurtwag bereik nuwe hoogtes


Die AfriForum-buurtwag in Roodepoort het op 15 Februarie 2019 sy maandelikse misdaadvoorkoming- en massapatrollie gehou.

Die volgende instansies was betrokke: AfriForum se Roodepoort- en Charlie-buurtwag; Honeydew, Fairlands en Sektor 2 se gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) en ICE; Honeydew SAPD (vergesel deur die bevelvoerder); die Johannesburgse noodbestuursdienste (vergesel deur die adjunkbevelvoerder); BCI Sekuriteit; EC Sekuriteit; DMS Sekuriteit; National Security and Fire; ER24; en LTS Search and Rescue.
Die groep van 59 lede het in Honeydew bymekaargekom en in die Honeydew SAPD-gebied, die Sophiatown SAPD-gebied en die Florida-omgewing gepatrolleer. Geen voorvalle is tydens die patrollie aangemeld nie

“Ek beskou dit as ’n oorwinning dat ons daarin kon slaag om samewerking en ondersteuning van soveel organisasies en eenhede buite AfriForum se raamwerk te betrek. Dit het daartoe bygedra dat ons massapatrollie ongekende hoogtes bereik het,” sê Fanie Naude, voorsitter van AfriForum se Roodepoort-tak.

SMS “Roodepoort” na 45341 (R1) om by jou plaaslike AfriForum-buurtwag aan te sluit.

Soortgelyke plasings