AfriForum se Rondeberg-buurtwag neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se Rondeberg-buurtwag, wat deel van dié burgerregte-organisasie se Malmesbury-tak vorm, het op 8 en 9 Maart in samewerking met die polisie hul omgewing help beveilig as deel van AfriForum se nasionale patrollie. Rondeberg se privaat K9-eenheid is ook ingespan.

Nagenoeg 33 patrolleerders het aan die patrollie deelgeneem en bykans 100 km is in tien voertuie in 90 manure in die Rondeberg-gebied afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Om gereeld patrollies in gemeenskappe te hou in samewerking met die polisie is ’n doeltreffende manier om misdaad te bekamp en sodoende ’n veiliger omgewing vir almal te skep,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak vandag nog by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings