|

AfriForum se Robertson-buurtwag ontvang veiligheidsopleiding

Die AfriForum-buurtwag in Robertson het op 31 Oktober 2019 opleiding in toneelhantering ontvang. Johandré van Zyl, AfriForum se veiligheidshoof vir die suidstreek, het dié opleidingsessie aangebied.

“Lede van die publiek is dikwels eerste op ’n misdaad- of ongelukstoneel. Daarom is dit belangrik dat hulle weet hoe om op te tree en die toneel te bewaar sodat die SAPD en ander dienste sinvol met ’n ondersoek kan voortgaan of hulp kan verleen indien nodig,” sê Mark Heidmann, voorsitter van AfriForum se Robertson-buurtwag.

Hierdie was die tweede opleidingsessie wat lede van die buurtwag bygewoon het. Die vorige sessie was in regsaspekte vir patrolleerders. “Ons sal buurtwagte voortdurend ondersteun met opleiding sodat hulle doeltreffend ’n verskil in hul gemeenskap kan maak,” sê van Zyl.

Raak vandag nog by AfriForum se buurtwagte betrokke: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings