AfriForum se Reitz-tak hou gemeenskapsvergadering


Die AfriForum-tak in Reitz het op 2 April 2019 ’n algemene vergadering gehou en die gemeenskap genooi om probleme wat in dié dorp geïdentifiseer is, te bespreek. Die gemeenskap is ook die geleentheid gegee om probleme wat nie deur die tak geïdentifiseer is nie, te bespreek.

Die tak is besig met beplanning vir toekomstige aksies en wou die gemeenskap toespreek oor die belangrikheid van samewerking tydens hierdie aksies. Die gemeenskap is ook versoek om by die tak betrokke te raak en aan die aksies deel te neem om die dorp op te hef.
Deidré du Preez van AfriForum se plaaslikeregeringsafdeling het die gemeenskap oor die funksies van munisipaliteite toegespreek, asook oor suksesse wat AfriForum reeds met spanwerk en selfdoenprojekte in ander gemeenskappe bereik het.

“AfriForum se Reitz-tak wil graag saam met die gemeenskap werk om volhoubare selfdoenprojekte te loods. Met goeie spanwerk en geesdrif kan elke gemeenskap bo sy omstandighede uitstyg en die dorp ’n beter plek vir almal maak. Dit is daarom noodsaaklik dat die gemeenskap betrokke raak by die tak en vergaderings soos hierdie bywoon,” sê Jp Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

AfriForum se Reitz-tak nooi die gemeenskap uit om betrokke te raak by die projekte en aksies. Sluit by AfriForum aan en word deel van die oplossing: SMS “Reitz” na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings