AfriForum se Reitz-tak beveilig dorp se paaie


Die AfriForum-tak in Reitz het vanjaar ’n padtekenprojek geloods wat daarop fokus om padveiligheid te verbeter deur padtekens in dié dorp meer sigbaar te maak.

“Deur middel van die padtekenprojek skep ons onder meer bewusmaking van hoe belangrik padveiligheid is in elke gemeenskap en ons spring self in om ons paaie veiliger te maak,” sê Jean Hugo, voorsitter van AfriForum se Reitz-tak.
“Die hoofdoel wat AfriForum se Reitz-tak voor oë het met al die projekte wat ons aanpak is om hoop in Reitz te skep. Deur mense bewus te maak van wat hulle self kan doen om hul omgewing veiliger te maak, slaag ons daarin om selfbeskikking te kweek, wat belangrik is vir die oorlewing van enige gemeenskap,” sê J.P. Nel, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Hoogland.

Raak vandag nog by AfriForum se Reitz-tak betrokke en maak ’n verskil in jou gemeenskap: Skakel JP Nel by 066 486 7612; of stuur ’n e-pos na jp.nel@afriforum.co.za; of SMS jou dorp se naam na 31481 (R1).

Soortgelyke plasings