AfriForum se Rayton/Cullinan-tak maak grondpad reg


AfriForum se tak in Rayton en Cullinan het op 3 Junie 2017 in samewerking met die gemeenskap van Elandshoek ’n provinsiale grondpad herstel.
Die padoppervlak was oneweredig as gevolg van vragmotors wat die pad gebruik en veroorsaak dat rotse uitbult en die pad onbegaanbaar maak. Dié hobbels is stukkend geboor en daarna egalig opgevul. Die metropolisie het hulp verleen deur die pad toe te maak en verkeer te reguleer, terwyl Torque Africa Explorations  ’n boormasjien beskikbaar gestel.

“Die skade aan die pad het ’n veiligheidsrisiko ingehou en moes herstel word, aangesien dit reeds ’n motorongeluk veroorsaak het,” sê Karen Yssel, bestuurslid van AfriForum se Rayton/Cullinan-tak.
“Dié projek is ’n goeie voorbeeld van hoe ’n gemeenskap wat keelvol is vir swak dienslewering self probleme aanpak,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se streekskoördineerder vir Gauteng.

Met jou hulp kan ons nóg meer in jou gemeenskap doen. SMS “R&C” na 45341 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings