|

AfriForum se Randfontein-buurtwag trek misdadiger vas

AfriForum se Randfontein-buurtwag het op 5 November 2019 in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsinstansies ’n blitspatrollie uitgevoer, waartydens ’n verdagte gearresteer is wat gereeld by misdaad betrokke was. Vier voertuie, ’n huis en agt mense is tydens die patrollie deursoek.

Die buurtwag het die verdagte gearresteer nadat hy vermoedelik gesteelde goedere in sy besit gehad het. Hy was groot en deels by hekmotordiefstal, inbrake en dwelmverkope betrokke.

“Dit is ’n groot sukses vir die Randfontein-buurtwag. Ons is dankbaar om saam met die SAPD en ander veiligheidsinstansies te kan werk om die gemeenskap te beveilig deur misdadigers vas te trek,” sê Dewet Ungerer, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Wes-Rand.

“AfriForum se Randfontein-buurtwag beoog ook om in die toekoms ’n protospan op die been te bring wat sal help om misdaad suksesvol te bekamp,” sê Matiam van Vuuren, AfriForum se Randfontein-takvoorsitter

Raak vandag nog by hierdie tak betrokke: SMS “Randfontein” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings