AfriForum se Pretoria-Wes-tak loods skoonmaakaksie


AfriForum se Pretoria-Wes-tak het op 18 Junie 2018 in samewerking met die Tshwane Metropolitaanse Munisipaliteit en die gemeenskapspolisiëringsforum (van sektor 2 van die sentrale sakegebied) ’n skoonmaakaksie in Danville geloods.
Dít volg nadat verskeie gemeenskapslede gekla het oor gestrooide rommel en gras wat nie gesny word nie. Gemeenskapslede het De Villiersstraat (aan die Spar se kant) tot by Jan Ellisstraat (voor die poskantoor) skoongemaak.
Taklede, gemeenskapslede en munisipale werkers het rommel opgetel en gras gesny. Die munisipaliteit het die vullis en gras weggery.

“Die netheid van ons woongebied is vir die hele gemeenskap voordelig. AfriForum sal voortgaan om ander probleemgebiede met soortgelyke selfdoenaksies te takel,” sê Francois Oberholzer, voorsitter van AfriForum se Pretoria-Wes-tak.
“Dit was lekker om te sien hoe die gemeenskap saamwerk om hul omgewing ’n beter plek te maak,” sê Tiaan Oosthuizen, AfriForum se distrikskoördineerder vir Gauteng-Noord.

Stuur ’n e-pos na tiaan.oosthuizen@afriforum.co.za of SMS “Skoon” na 45341 (R1) om betrokke te raak.

Soortgelyke plasings