| |

AfriForum se Potchefstroom-tak ondersteun tehuise vir bejaardes met handreiniger

Die AfriForum-tak in Potchefstroom het op 11 Mei 50 liter handreiniger aan inwoners van die Ons Hulde- en Samuel Broadbent-tehuis vir bejaardes oorhandig. Dié skenking is gemaak om die tehuise tydens die staat van inperking – waartydens  beperkte finansies beskikbaar is – te ondersteun en is by albei tehuise met groot dankbaarheid ontvang.

“Dit is vir ons ’n voorreg om op hierdie wyse ’n klein bydrae te lewer om na ons bejaardes om te sien. Hulle kry baie swaar weens die inperking omdat hulle nie besoekers mag ontvang nie. Ek doen ’n beroep op inwoners van Potchefstroom om items soos tydskrifte, boeke, speletjies en oorskietwol by jou naaste tehuis vir bejaardes te gaan afgee. Dit help om die inwoners besig te hou,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

Soortgelyke plasings