AfriForum se Potchefstroom-tak doen hul deel vir padveiligheid


Die AfriForum-tak in Potchefstroom het die jaar afgeskop met die loods van twee projekte wat op padveiligheid fokus. Die tak het op 4 Januarie 2019 voortgegaan met ’n slaggatprojek nadat 1 506 slaggate reeds in 2018 herstel is. Die tak se slaggatspan poog om verlede jaar se hoeveelheid te oorskry en tot op datum is 42 slaggate reeds vanjaar herstel. Weens die omvang van die taak, prioritiseer die tak tans die belangrikste paaie in die dorp.
Die tak het ’n verdere bydrae tot padveiligheid gemaak met die oprig van nuwe stoptekens, oor baie stoptekens by verskeie kruisings in en rondom Potchefstroom verbleik het of vermis was.

“AfriForum se Potchefstroom-takdoelwit is om hoop in Potchefstroom te skep. Dit sluit die loods van projekte soos hierdie in, wat ’n positiewe bydrae tot padveiligheid in ons dorp maak,” sê Stephen Nel, AfriForum se distrikskoördineerder vir Mooirivier.

Wil jy by die Potchefstroom-tak betrokke raak? SMS “Potch” na 45351 (R1) en raak vandag nog deel van die oplossing.

Soortgelyke plasings