AfriForum se plaas- en buurtwagte in die Matzikama-streek neem aan nasionale patrollie deel


AfriForum se agt veiligheidstrukture in die Matzikama-streek het op 17 en 18 Mei 2019 in samewerking met die SAPD en die plaaslike verkeersdepartement hul omgewing veilig gehou as deel van AfriForum se nasionale patrollie.

Altesaam 172 patrolleerders het aan dié patrollie deelgeneem en ongeveer 2 637 km is in 69 voertuie afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Dit is uiters doeltreffend om gereeld in samewerking met die SAPD en ander rolspelers te patrolleer om misdaad te bekamp. Hierdie patrollies word uitgevoer om ’n veiliger omgewing te skep,” sê Deon de Jager, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Boland.

Raak by AfriForum se buurt- en plaaswagte betrokke: SMS “Veiligheid” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings