|

AfriForum se Pionier-buurtwag trek verdagte vas

AfriForum se Pionier-buurtwag in Meyerspark het op 2 November 2019 ’n verdagte aangekeer nadat ’n patrolleerder van dié buurtwag net ná 07:00 ’n verdagte gesien het wat oor mure spring. Die lid het dit aan die buurtwag gekommunikeer waarna buurtwaglede vinnig opgetree en die verdagte aangekeer het.

Brinant-sekuriteit, wat ook op die buurtwag se radiokanaal is, het gehelp om die verdagte vas te trek en die SAPD is ontbied om die verdagte in hegtenis te neem.

Volgens Alice Cory, voorsitter van AfriForum se Pionier-buurtwag, is dit ’n aanduiding dat die buurtwag suksesvol is in hul poging om misdaad te probeer voorkom. “Misdadigers moet weet dat hulle geen plek in ons dorp het nie en dat ons gemeenskap sonder skroom teen misdaad sal saamstaan.”

“Die feit dat gemeenskapslede inligting direk aan die buurtwag kan deurgee, maak vinnige optrede moontlik. Dit skep ook vertroue by die gemeenskap en verskerp waaksaamheid en weerbaarheid om misdaad in die gebied hok te slaan. Goeie samewerking tussen die buurtwag, polisie en plaaslike veiligheidsinstansies stel ons in staat om die gemeenskap in tye van nood by te staan,” sê André Badenhorst, voorsitter van AfriForum se Pionier-tak.

Sluit by AfriForum se Pionier-buurtwag aan: Stuur ’n e-pos aan Cory by accmed35@gmail.com of SMS jou naam na 45341 (R1).

* Die Pionier-tak het voorheen as die Meyerspark-tak bekendgestaan.

Soortgelyke plasings