| | |

AfriForum se Pietersburg-tak deel handreiniger uit

AfriForum se Pietersburg-tak het op 29 Junie 2020 handreiniger aan skole geskenk om die verspreiding van COVID-19 te bekamp.

Nadat die tak die skole ontsmet het en skolehulppakkette uitgedeel het, het hulle besluit om nóg ’n skenking te maak sodat die skole voortdurend teen die pandemie beskerm word. Osieteddies en Ooievaar se Nes het elkeen 40 liter handreiniger ontvang, terwyl Pietersburg Laerskool (Suidskool) en Akademie Reformia elk 45 liter ontvang het.

“Ons wil graag skole en instansies ondersteun om hulle teen die virus te help beskerm. Met dié skenkings wil ons verseker dat ons kinders veilig by hul skole is,” sê Lylani Seitz, sekretaris van AfriForum se Pietersburg-tak.

Raak vandag nog by AfriForum se Pietersburg-tak betrokke: SMS jou naam na 45342 (R1) en dra by tot ’n positiewe verskil.

 

Soortgelyke plasings