AfriForum se Phalaborwa-tak voltooi Projek Skoon Rusplek


AfriForum se Phalaborwa-tak het van 29 April tot 4 Mei 2019 die plaaslike begraafplaas skoongemaak as deel van Projek Skoon Rusplek. Dié projek is geïdentifiseer en aangepak weens die haglike toestand van die begraafplaas.

Die hoofdoel van hierdie projek is om die toestand van die begraafplaas te verbeter aangesien die plaaslike munisipaliteit versuim om dié begraafplaas in stand te hou. Nagenoeg 230 vullissakke is tydens die projek gevul en weggery.

“Dit is besonders belangrik om projekte soos hierdie aan te pak en om die voorkoms van die begraafplaas te verbeter. Baie dankie aan die takbestuur en ook aan almal wat bygedra het om van dié projek ’n sukses te maak. Projekte soos hierdie word vergemaklik met die hulp van die gemeenskap. Ons nooi daarom alle lede uit om in die toekoms by AfriForum se projekte betrokke te raak,” sê David Rule, AfriForum se assistentkoördineerder vir die Soutpansberg.

Raak vandag nog by AfriForum betrokke: SMS “Phalaborwa” na 45351 (R1).

Soortgelyke plasings