|

AfriForum se Phalaborwa-tak stuit koperdiewe

AfriForum se Phalaborwa-tak het op 31 Augustus 2019 diewe aangekeer wat besig was om gesteelde koper van die Palabora Mining Company (PMC) te vervoer.

Een van die verdagtes is deur ’n buurtwaglid opgemerk tydens ’n  patrollie in Koperweg, toe die verdagte tussen bosse naby die myn ingehardloop het. Die buurtwag het dadelik ondersoek ingestel en na ’n wye soektog 140 kg se gesteelde koperplate op twee verskillende wegsteekplekke gevind.

Die buurtwag het die myn en die SAPD van die vonds in kennis gestel en ’n verdere ondersoek is tans aan die gang.

“Die Phalaborwa-tak het weer eens gewys wat die gemeenskappe kan bereik wanneer almal verantwoordelikheid vir hulle eie veiligheid neem en saamwerk om misdaad te bekamp,” sê Cobus Louw, voorsitter van AfriForum se Phalaborwa-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Phalaborwa” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings