AfriForum se Phalaborwa-tak maak dorp skoon

 

Die AfriForum-tak in Phalaborwa het op Vrydag, 31 Maart 2017 in samewerking met die Ba-Phalaborwa Munisipaliteit, die belastingbetalersvereniging en die plaaslike N.G. Kerk ’n skoonmaakaksie geloods en tuine in die omgewing netjies gemaak.

“Ons betaal vir dienste wat ons nie ontvang nie. Om aanhoudend met die munisipaliteit te argumenteer, bring geen uitkoms nie en daarom voel AfriForum sterk oor selfdoenaksies,” sê Saartjie Matthysen, voorsitter van die AfriForum-tak in Phalaborwa.

AfriForum se Phalaborwa-tak het by die poskantoor begin om Tambotiestraat skoon te maak en daarna met die straat afbeweeg. Fase twee van die skoonmaakprojek sal op Vrydag, 7 April 2017 afskop.

“Hoewel dit net die begin van ’n massiewe skoonmaakprojek is, werp dit reeds vrugte af,” sluit Matthysen af.

Raak by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke deur jou naam na 45340 te SMS (R1).

Soortgelyke plasings