AfriForum se Overstrand-tak skenk Afrikaanse verseboeke aan Hoërskool Hermanus


Die burgerregte-organisasie AfriForum se Overstrand-tak het vandag 95 Afrikaanse verseboeke aan die Hoërskool Hermanus geskenk.

“AfriForum ondersteun alle inisiatiewe wat die onderrig van Afrikaans bevorder. Hoewel die boeke deur die departement van onderwys voorgeskryf word, verskaf hulle nie die boeke aan die skool nie, wat beteken dat die skool of ouers self die boeke sou moes aankoop,” sê Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

Die 95 boeke is teen ’n koste van R6 460 deur AfriForum se Overstrand-tak aangekoop en bly voortaan die eiendom van die Hoërskool Hermanus.

“Die Overstrand-tak is trots daarop om ’n vennoot van ’n uitstekende akademiese skool soos die Hoërskool Hermanus te wees,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap.

Soortgelyke plasings