AfriForum se Overstrand-tak belê in plaaslike jeug

foto vlnr Hanerie van Zyl, Misha van Zyl (beste kreatiewe Afr skryfwerk Senior) Elmarie van Dalen (Tak voorsitter) Nanje Naudé (beste kreatiewe Afr skryfwerk Junior) Jeremy Verdoodt
AfriForum se Overstrand-tak het twee wisseltrofeë vir die beste kreatiewe Afrikaanse skryfwerk aan Hoërskool Hermanus geskenk. Dié trofeë word jaarliks toegeken aan ’n leerling in beide die junior- en seniorfase.

“Ons het die trofeë geskenk vir die bevordering van Afrikaanse skryfwerk by die skool. Dit skep vir die leerlinge ’n doelwit om na te streef,” sê Elmarie van Dalen, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.
“AfriForum se Overstrand-tak is trots daarop om ’n vennoot van die Hoërskool Hermanus te wees. Dié skool het in 2016 die top nasionale matrikulant, asook twee leerlinge onder die top 10 in die Wes-Kaap opgelewer,” sê Thomas van Dalen, AfriForum se provinsiale koördineerder vir die Wes-Kaap.

Soortgelyke plasings