|

AfriForum se Overstrand-buurtwagte hou opvolgsigbaarheidspatrollie

AfriForum se Fisherhaven- en Alfa-buurtwag, wat deel is van AfriForum se Overstrand-tak, het op 16 en 17 Oktober 2019 ’n opvolgpatrollie in hul onderskeie gebiede gehou om sigbaarheid te verhoog. Hierdie sigbaarheidsaksie volg op die suksesvolle nasionale patrollie wat op 4 en 5 Oktober 2019 gehou is.

Altesaam 25 privaat voertuie het saam met die SAPD en privaat sekuriteit ongeveer 550 km afgelê. Geen ernstige voorvalle is aangemeld nie.

“Met die feestyd om die draai word sigbaarheidspatrollies al hoe belangriker. AfriForum sal in samewerking met die SAPD en ander veiligheidsrolspelers voortdurend patrollies reël om misdaad te bekamp en veiligheid te verbeter,” sê Cuan Elgin, voorsitter van AfriForum se Overstrand-tak.

Sluit vandag nog by ’n AfriForum-buurtwag aan en hou jou dorp veilig: SMS “Buurtwag” na 45353 (R1).

Soortgelyke plasings