|

AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte ontvang VBP-opleiding

Nagenoeg 57 lede van AfriForum se buurtwagte in Boksburg, Brakpan, Edenvale, Kempton Park, Germiston en Springs het op 28 Augustus 2019 voertuigbeheerpuntopleiding (VBP-opleiding) ontvang. Hierdie opleiding is in Kempton Park aangebied onder leiding van kol. Wouter Heyneke, ’n SAPD-reservis in Kempton Park.

Die opleiding het hoofsaaklik gefokus op toepaslike definisies, geregtelike vereistes, uitvoering en veiligheidsaspekte van SAPD-padblokkades. Die opstel, bestuur, logistiek, asook die korrekte prosedures om voertuie te demobiliseer, te deursoek en persone te visenteer – alles onder die leiding van die SAPD – is behandel.

Kol. Heyneke het klem gelê op die belangrikheid van gemeenskappe om toenemend by die geveg teen misdaad betrokke te raak.

“Die SAPD is so bekwaam en vermoënd as wat die gemeenskap hulle maak. Die gemeenskap is die oë en ore van die polisie.”

 

“Die opleiding was ’n reusesukses en bewys weer eens hoe belangrik gemeenskapsdeelname aan veiligheidsinisiatiewe in ons dorpe is. Hierdie vennootskap is onmisbaar en ons behoort dit daagliks te ontwikkel en uit te brei,” sê Gerhard Cilliers, voorsitter van AfriForum se Brakpan-tak.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings