AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte ontvang opleiding in toneelhantering


Lede van AfriForum se Alberton-, Brakpan-, Germiston- en Springs-buurtwagte het op 27 en 28 Februarie 2019 opleiding in toneelhantering ontvang. Dié opleiding was grootliks toegespits op die beveiliging van tonele, asook die moets en moenies wanneer patrolleerders by ’n toneel opdaag.

Nagenoeg 75 buurtwaglede het dié opleiding bygewoon, wat deur Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder, aangebied is.

Volgens Van Dalen is professionele opleiding noodsaaklik vir enige veiligheidstruktuur: “AfriForum se buurtwaglede moet te alle tye binne die raamwerk van die wet optree. Dit is verder belangrik dat buurtwaglede die korrekte opleiding ontvang – vir sowel hul eie as die gemeenskap se veiligheid.”
“Dit is bemoedigend om die betrokkenheid van gemeenskapslede te sien, asook hoe elkeen bereid is om die veiligheid van hul eie gemeenskap te prioritiseer,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se veiligheidshoof vir die Noordstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings