AfriForum se Oos-Rand-buurtwagte ontvang opleiding in regsaspekte



Lede van AfriForum se buurtwagte in Alberton, Brakpan, Germiston en Springs het op 19 en 20 Maart 2019 opleiding in regsaspekte ontvang. Dié opleiding vorm deel van die voordele wat AfriForum aan sy lede bied en bemagtig ook buurtwagpatrolleerders om korrek en binne die raamwerk van die wet op te tree.

Nagenoeg 55 buurtwaglede het die opleiding – wat Thomas van Dalen, AfriForum se nasionale opleidingsbestuurder, aangebied het – bygewoon.

“Daar is in 2019 reeds ses opleidingsmodules aan die Oos-Rand aan die onderskeie buurtwagte aangebied. Hierdie opleidingsgeleenthede word maandeliks aan die Oos-Rand aangebied. AfriForum bied ’n wye reeks voordele vir sy veiligheidstrukture, waarvan opleiding een van die belangrikste aspekte is om sy lede se kennis uit te brei en hulle toe te rus om veiliger op te tree,” sê Van Dalen.
“Dit is bemoedigend om die betrokkenheid van gemeenskapslede te sien, asook hoe elkeen bereid is om die veiligheid van hul eie gemeenskap te prioritiseer,” sê Hillel Coetzer, AfriForum se hoof van gemeenskapsveiligheid vir die noordstreek.

Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-buurtwag betrokke: SMS “Buurtwag” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings