AfriForum se #OnsDorp-veldtog spoor skoonmaakaksie aan


AfriForum se Vanderbijlpark-tak het in 2018 ’n suksesvolle skoonmaakprojek as deel van die #OnsDorp-veldtog geloods. Dié skoonmaakprojek het sedertdien verder as SW2 en SW5 uitgebrei. Talle inwoners van verskillende buurte in Vanderbijlpark het betrokke geraak en selfs hul bure en vriende by dié projek betrek.

Rommel is op verskeie plekke verwyder, gras is gesny, tuinvullis is opgeruim en ’n speelparkie is tot sy eertydse glorie herstel. Inwoners besef nou dat selfdoenaksies ’n volhoubare oplossing vir gemeenskappe word omdat hulle gedurig deur munisipaliteite wat bankrot is in die steek gelaat word.

“Ons inwoners se entoesiasme is aansteeklik en ons is werklik beïndruk met hul bereidwilligheid om hard te werk en ’n merkbare verskil te maak. Ons moedig almal aan om ook by die tak se aksies betrokke te raak,” sê Ruan Oosthuizen, van die AfriForum-tak in Vanderbijlpark se omgewingsakeportefeulje.

Sluit vandag nog by hierdie AfriForum-tak aan: Stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com of SMS “Vdbp” na 45342 (R1).

Soortgelyke plasings