AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Slordige deurloop in Vanderbijlpark getakel


AfriForum-lede verdra nie rommel of besoedeling in hul buurte nie. Die aktiewe span van die Vanderbijlpark-tak en talle ander besorgde inwoners het op 3 November 2018 ’n veld wat as ’n deurloop in die noorde van die SW5-buurt gebruik word, getakel en skoongemaak. Sakgrouers skeur gereeld vullissakke in dié deurloop oop, terwyl inwoners ook onwettig tuinvullis en bourommel daar stort. Dit is uiteraard ’n gesondheidsrisiko – die span het selfs dierkarkasse gevind.

“Die bywoning was uitstekend! Ons kan nie toekyk hoe ons dorp agteruitgaan weens gebrekkige dienslewering nie. Dit is goed om te sien hoe mense in Vanderbijlpark saamstaan en ons bedank elkeen vir hulle harde werk,” sê Ruan Oosthuizen, voorsitter van die omgewingsakeportefeulje van AfriForum se Vanderbijlpark-tak.

Sluit vandag nog by AfriForum se Vanderbijlpark-tak aan: SMS “Vdbp” na 45342 (R1) of stuur ’n e-pos na afriforumvdb@gmail.com.

Soortgelyke plasings