AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Moreletapark-tak verf spoedhobbels


AfriForum se Moreletapark-tak het die afgelope naweek as deel van AfriForum se #OnsDorp-veldtog spoedhobbels en padtekens in Grootfontein geverf.

Die tak het dié projek aangepak omdat die spoedhobbels en padtekens erg verbleik en amper onsigbaar was. ’n Weerkaatsingspoeier is oor die verf gestrooi sodat dit snags ook weer sigbaar sal wees.

“Ons beplan deurlopende aksies in Moreletapark en ons vra lede van die gemeenskap om AfriForum met soortgelyke versoeke te kontak sodat ons hierdie probleme saam kan takel,” sê Lambert de Klerk, AfriForum se distrikskoördineerder vir suidelike Pretoria.

De Klerk moedig mense ook aan om by AfriForum betrokke te raak en hom te kontak indien hulle by die Moreletapark-tak wil inskakel.
Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.

Soortgelyke plasings