AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Keimoes plaas vullisdromme in dorp


AfriForum se Keimoes-tak het onlangs vullisdromme geverf en in die dorp geplaas om die gemeenskap aan te moedig om nie rommel te strooi nie.

“Dit is verblydend om te sien dat gemeenskapslede self verantwoordelikheid vir kwessies soos hierdie in hul dorp neem. Die plaaslike munisipaliteit moet egter steeds hul grondwetlike verpligtinge nakom – daarom sal AfriForum aanhou om druk op hulle te plaas wat dié saak betref,” sê Gonda Louw, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Kalahari.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.
SMS “Keimoes” na 32532 (R1) om by jou AfriForum-tak aan te sluit.

Soortgelyke plasings