AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Kaapstad-Noord-tak maak Oakdale-woonbuurt skoon


AfriForum se Kaapstad-Noord-tak het op Donderdag 4 Oktober 2018 in samewerking met Oakdale Watch en die Voortrekker Road Corridor Improvement District (VRCID) probleemgebiede in die Oakdale-woonbuurt skoongemaak. Sekere dele van dié woonbuurt was in ’n ellendige toestand weens boemelaars en dwelmverslaafdes wat daar skuil. Tydens die skoonmaakaksie is onwettige strukture ook van persele verwyder en aan die VRCID oorhandig.

Martin’s Begrafnisdienste is een van die ondernemings wat by dié skoonmaakaksie gebaat het. Dié skoonmaakaksie is die eerste van vele projekte wat deel van AfriForum se jaarlikse #OnsDorp-veldtog vorm.

“Ons is trots om deel van die oplossing te wees en self probleme in ons dorpe tot voordeel van die gemeenskap aan te spreek,” sê Tommy van Zyl, voorsitter van AfriForum se Kaapstad-Noord-tak.

Besoek www.onsdorp.co.za om aan AfriForum ’n mandaat te gee om ’n positiewe verskil in jou gemeenskap te maak of om self betrokke te raak.

Soortgelyke plasings