AfriForum se #OnsDorp-veldtog: Harrismith-tak verbeter paaie


Die AfriForum-tak in Harrismith het onlangs voortgegaan om slaggate in sommige van die dorp se strate as deel van dié tak se #OnsDorp-inisiatiewe te vul. Die tak pak die vul van slaggate in Harrismith straat vir straat aan.
Johan de Bruyn, voorsitter van AfriForum se tak in Harrismith, meen dat die gemeenskap self moet inspring omdat daar nie op die munisipaliteit staatgemaak kan word om die paaie te herstel nie, is. Hy sê dat die tak baie dankbaar is vir elke bydrae in die vorm van skenkings of hulp wat reeds gemaak is.
Raak vandag nog by jou plaaslike AfriForum-tak betrokke: SMS “Harrismith” na 45340 (R1).

Soortgelyke plasings